

Woordfees-wynskool: Chenin Blanc 101 – Die Khaya
2nd Oct 2024 @ 6:30 pm - 7:30 pm
Leer, proe, spoeg of sluk… Die Woordfees-wynskool is ’n prestigeryke – maar allermins snobistiese – geleentheid om meer te leer oor wyn. Daar’s drie klasse oor verskillende kultivars en style, aangebied deur wynmakers, wynpersoonlikhede en ’n komediant. Ná elke suksesvolle bywoning kry jy boonop ’n sertifikaat sodat jy tuis kan spog met jou geleerdheid. Aangebied deur Stellenbosch-wynroetes.