
The Bookshelf Vierde Geleentheid – Ken Forrester
September 17 @ 6:00 pm - 9:00 pm
Sonder om enigsins te oordryf lewer 2026 ‘n voortreflike oesjaar wat misdaadfiksie en spanningsverhale in Afrikaans betref. Die vierde aflewering van The Bookshelf at Ken Forrester Wines was juis saamgestel met die oogmerk om ‘n keur van hierdie uitstaande boeke te help verhelder, soos net ‘n intieme, diepgaande gesprek tussen skrywers en onderhoudvoerder en boekmens Jonathan Amid kan. Nie minder nie as vier van ons land se opwindendste stemme sluit dus by ons aan om meer oor hul proses en nuutste publikasies te vertel.


