

ROME `62 Drostdy Teater
Tydens die Week Van Valentyn keer Nataniël terug na die Drostdyteater in Stellenbosch met ‘n splinternuwe vertoning, ROME ’62. By ‘n kermis in die Vrystaat is daar ‘n stalletjie waar tweedehandse klere verkoop word. Tussen die rye moeë kledingstukke hang ‘n besonderse uitrusting, handgemaak deur ‘n gesogte Italiaanse ontwerper. Hierdie ontdekking is die inspirasie vir Nataniël se nuutste vertoning. Van familiegeheime, welgeklede skurke, brandarm adelikes, beeldskone vreemdelinge, sorgelose tye, legendariese rolprente, tydlose radiotreffers, uitbundige modes tot die mees dramatiese ontwerpe! Met stories in beide Engels en Afrikaans, asook musiek, baie musiek, splinternuut en ses dekades oud.