

Die Fel Omstrede Kroon van Edward II en Gaveston
Jun 13 @ 7:30 pm - 10:00 pm
Wat beteken dit om ’n kroon te moet dra en hoe versoen jy jou eie behoeftes met die verwagtinge van die adel en die gepeupel, asook dié van jou vrou en jou kind? Edward I lê op sterwe en hoop dat die kroon na sy kleinseun, Edward III, kan gaan, omdat hy sy seun minag as gevolg van dié se verhouding met sy jeugvriend en nou banneling, Gaveston.
Geen onder 13s, naaktheid
Met: Edwin van der Walt, Rolanda Marais,Wilhelm van der Walt, André Roothman, Beer Adriaanse en Caleb Payne
Regie: Marthinus Basson